https://afrikaans.com/leerhulp/

Juffrou Marelize Swanepoel

Hoe eet jy die Afrikaanse olifant?

https://afrikaans.com/leerhulp/

Wie is Juffrou Marelize Swanepoel?

Ek is 'n taaljuffrou wat my passie en entoesiasme wil deel met soveel mense as moontlik. Ek het groot geword in die Oosrand waar my laerskool Afrikaans juffrou, Isabelle Spies (Laerskool Elsburg), 'n onblusbare liefde vir boeke en lees by my aangevuur het. Sy is een van die grootste redes waarom ek 'n Afrikaans juffrou geword het. 

 

My passie vir Afrikaans het in 1997 ontkiem en groei al vir meer as 20 jaar. My droom was om 'n loopbaan te volg in Afrikaans, enigiets, solank ek dit in Afrikaans kon doen. Ek besluit toe om te kwalifiseer as 'n taalpraktisyn by die Universiteit van Johannesburg (toe RAU), waarna ek my PGCE (Senior and FET) voltooi by UNISA. Ek was bevoorreg om in 2016 die geleentheid te kry om my honneurs in Afrikaans Taalpraktyk by UJ te voltooi met 'n 100% beurs

 

Dit is hier waar my pad met Karien Brits van die ATKV gekruis het. Onder haar leiding is ek betrek by die Skitter in Afrikaans-werkswinkels vir onderwysers in verskillende provinsies. In dieselfde jaar word ek 'n Ambassadeur vir Afrikaans by Afrikaans.com

Dis lekker om iets te onthou, maar herinneringe vervaag oor die jare. 'n Foto hou vir altyd.

Afrikaanse Taalraad - Kokertoekennings 2017 te Zevenwacht, Kuilsrivier.

Graag wil ek dankie sê vir elkeen se ondersteuning hierdie jaar.  Julle sal nie glo hoe lekker dit vir my is om te weet en te hoor hoe baie hierdie webwerf julle help nie.  Daar is ondersteuners se ver as Namibië. 

 

Dit was 'n groot verrassing toe Ria Olivier, van die Afrikaanse Taalraad, my gekontak het met goeie nuus. Ek het 'n nominasie ontvang om 'n erepenning (Kokertoekenning) by die Afrikaanse Taalraad te ontvang vir die werk wat ek in en vir Afrikaans doen.  Ek het 17 November 2017 die voorreg gehad om Kuilsrivier toe te vlieg om die Afrikaanse Taalraad Kokerfunksie by te woon.

Dit maak nie saak wie my genomineer het nie, uit die diepte van my hart - Baie dankie!

 

Groete

Juffrou Marelize