
Taal is een van die afdelings waar ons kinders maklike punte kan verdien.
My benadering fokus op formules, stappe en kortpaaie.
Die taalreëls is nie graadspesifiek nie: Reëls bly dieselfde, voorbeelde verander.
Sinsvlak verwys na enige reël wat op sintaksis van toepassing is.
Woordvlak verwys na enige reël wat op morfologie van toepassing is.